SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue1The binding to confessions in a postmodern eraFlows of worship in the network society: Liminality as heuristic concept in Practical Theology beyond action theory author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    BUYS, P.J.. Vorming van 'n man van God: Evaluering van internasionale debatte oor predikantsopleiding in die lig van perspektiewe uit 1 en 2 Timoteus. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.1, pp.47-66. ISSN 2305-0853.

    Die afgelope 50 jaar word wêreldwyd breed en diep oor teologiese opleiding besin. Hierdie besinning is deur die volgende faktore gestimuleer: Aan die een kant is daar in ontwikkelende lande 'n ontploffende getallegroei van kerke. Aan die ander kant is daar in ontwikkelde lande kommerwekkende kwynende lidmaatgetale. Daar is ook kommer dat kerke weinig impak op transformasie van die samelewing het. Voorgangers slaag dikwels nie in hulle voorbeeld en bediening daarin om instrumente in God se hand te wees wat gelowiges toerus en inspireer om werklik getuies van Christus te wees nie. Hierdie verskynsels het gelei tot die vraag: Hoe kan en moet teologiese opleiding van kerklike voorgangers herstruktureer word ten einde kerke effektief geestelik en in getalle te laat groei? In hierdie verband is daar ernstige vrae gevra oor die godsvrug en persoonlike geloofslewe van predikante en teologiese studente. Hierdie artikel evalueer internasionale tendense en debatte in teologiese opleiding in die lig van beginsels en perspektiewe wat uit Paulus se briewe aan Timoteus afgelei kan word.

    Keywords : indiensopleiding; karaktervorming; man van God; mentorskap; predikantsopleiding.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )