SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue1A model for content analysis of sermons on poverty and to the poor as listenersChallenges of a wellness ministry to churches author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    VENTER, C.J.H.. Pastorale elemente in Hebreërs. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.1, pp.137-158. ISSN 2305-0853.

    In hierdie artikel word die brief aan die Hebreërs nagegaan om moontlike elemente te verken wat in pastorale sorg en bediening toegepas kan word. Nadat sekere begrippe verken is wat vir verskeie verkondigingsnuanses in Hebreërs gebruik word, word gefokus op die begrip "parakalein" in Hebreërs as 'n sentrale aanduiding vir pastorale bediening. Die spektrum van die daaropvolgende ondersoek sluit aspekte soos die volgende in: die reiniging van sonde deur die groot Hoëpriester as fundering vir pastorale sorg en medelye en empatie in die werk van die groot Hoëpriester. Verder word gesigspunte gebied op pastorale verhouding, die begrip "therapon" in Hebreërs as spe-sifieke begrip vir dienaar, die opdrag aan gelowiges om herders vir mekaar te wees, spiritualiteit en die moontlike singewing van menslike lyding. Laastens word die pastorale aspekte van geloof, hoop en volharding bespreek en die artikel word afgesluit met 'n samevatting van die pastorale kernelemente in Hebreërs. Hierdie artikel word opgedra aan professor Ben de Klerk, 'n gewaardeerde kollega en vriend in die Fakulteit Teologie aan die Noordwes-Universiteit. Hy het hom as vakman verdiep in die verskillende vakke in Praktiese Teologie, en in besonder in die vak Liturgiek. Ek dra juis hierdie artikel aan hom op, want hy het 'n pastorale hart vir die kudde van die groot Herder, en hy ervaar ook self die sorg van die Goeie Herder.

    Keywords : geloof (betekenismoontlikheid in Hebreërs); Hebreërs; Groot Hoëpriester; sinduiding van lyding; spiritualiteit; volharding.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )