SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.44 issue3-4Basic theoretical starting points on the character and foundation of a scriptural based liturgyA theological-ethical judgement of illegal immigration author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    BREED, G.  and  BREED, D.G.. Besinning oor die diakonale dienswerk na aanleiding van Handelinge 6:1-7. In Skriflig (Online) [online]. 2010, vol.44, n.3-4, pp.627-654. ISSN 2305-0853.

    Handelinge 6 word tradisioneel beskou as die beskrywing van die ontstaan van die besondere diens van die diaken. Uit Handelinge 6:1-7 word gewoonlik die wese en die taak van diakonale dienswerk afgelei, naamlik dat dit 'n diens is wat die versorging van die armes in die gemeente behartig en die onderlinge meelewing en liefde moet bevorder. In hierdie artikel word Handelinge 6 opnuut ondersoek. Daar word ondersoek ingestel of die gedeelte inderdaad die ontstaan van die diakonale diens beskryf en wat dit sê oor die inhoud en wese van die sewe se dienswerk. Uit die ondersoek word dit duidelik dat Handelinge 6 nie die instelling van 'n nuwe besondere diens (amp) beskryf nie en dat die inhoud en wese van die besondere diakonale diens nie hieruit afgelei kan word nie. Handelinge 6:1-7 beskryf eerderdie dinamiese werking van die Heilige Gees binne 'n gemeente waarin daar weens die vinnige groei probleme ontstaan ten opsigte van die bedieningswerk (διακονία).

    Keywords : diakens; diakonia; Handelinge 6.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )