Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
In die Skriflig
On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441
Abstract
VAN WYK, J.H.. Praxis pietatis: Teologies nagedink oor aspekte van die spiritualiteit van Augustinus. In Skriflig (Online) [online]. 2011, vol.45, n.1, pp.121-139. ISSN 2305-0853.
Veral sedert die opkoms van die postmodernisme teen die einde van die twintigste eeu - met sy skerp kritiek teen die koue rasionalisme van die modernisme - word in die teologie al hoe meer aandag gegee aan wat genoem word spiritualiteit en "praxis pietatis", ook binne die gereformeerde tradisie. In hierdie artikel ondersoek die outeur die bydrae van die groot kerkvader uit Noord Afrika, Augustinus, in hierdie verband, juis omdat die gereformeerde tradisie (via Calvyn) so 'n sterk aansluiting vind by die teologie van Augustinus. Dit is boeiend om na te gaan hoe Augustinus gepoog het om die pole van rasionaliteit en spiritualiteit, aksie en kontemplasie in hom as persoon te verenig en tot 'n sintese te bring. A. von Harnack het Augustinus nie verniet as "die eerste moderne mens" beskryf nie.