SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DU PLOOY, Andries le Roux. Die hermeneutiek van gereformeerde kerkreg. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.1, pp.1-8. ISSN 2305-0853.

Die artikel het op die belangrikheid en noodsaaklikheid van 'n hermeneutiek vir die gereformeerde kerkreg gefokus. Die kerkregtelike dokument wat besonderlik ter sake was, is die kerkorde van die Gereformeerde kerke in Suid-Afrika, met sy besondere band met die Dordtse kerkorde van 1618 en 1619. Agtereenvolgens is aandag gegee aan die volgende aspekte soos (1) die eiesoortige aard van 'n kerkorde as 'n teologiese dokument en teks, in onderskeiding van regsdokumente; (2) die aard van die hermeneutiek van kerkreg; (3) enkele teorieë oor die interpretasie of uitleg van tekste, veral regstekste en (4) normatiewe vooronderstellings en reels vir die interpretasie en verstaan van die teks en artikels van die kerkorde asook besluite van kerklike vergaderinge. Die gevolgtrekking was dat weinig indringende navorsing gedoen is oor die saak van hermeneutiek vir kerkreg, hoewel dit noodsaaklik is. Duidelike hermeneutiese reëls is gesuggereer en verduidelik, wat sou kon meehelp dat kerke en kerklike vergaderinge die artikels van die kerkorde asook besluite en reglemente wat daarop berus het, kan interpreteer en toepas.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License