SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.46 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    VAN ROOY, Herrie F.. Esegiël 33 as wentelpunt in die boek van Esegiël. In Skriflig (Online) [online]. 2012, vol.46, n.1, pp.1-6. ISSN 2305-0853.

    Baie geleerdes het Esegiël as die inleiding tot die laaste groot gedeelte van die boek (Eseg 33-48) beskou, met terugverwysing na die eerste gedeelte van die boek (Eseg 1-24). Esegiël 33:1-20 het op verskillende maniere gebruik gemaak van en voortgebou op gedeeltes wat vroeër in die boek voorgekom het, veral die gedeeltes wat oor die roeping van die profeet in Esegiël 1-3 handel, asook Esegiël 18 wat die mens se persoonlike verantwoordelijkheid beklemtoon. Die voorstel wat in hierdie artikel gemaak is, is dat die hoofstuk in die finale vorm van die boek 'n wentelfunksie het, om aan die een kant kortliks die boodskap van die profeet voor die val van Jerusalem saam te vat, maar om ook die leser vir die boodskap van Esegiël 34-18 voor te berei. Die twee uitsprake in Esegiël 33:23-33 dui op die toestand van die mense in Jerusalem, asook van die mense in ballingskap. Dit dui dus op die toestand van die twee groepe mense teen die tyd van die val van Jerusalem. Hierdie gedeeltes, soos ook die beklemtoning van die mens se verantwoordelikheid met die moontlikheid van bekering en herstel, antisipeer die boodskap van verlossing en herstel wat op Esegiël 33 sou volg.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )