SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    POTGIETER, Stella D.  and  LOTTER, George A.. Pedoseksualiteit as manifestasie van afwykende seksualiteit: 'n Kerklike en pastorale uitdaging. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.339-347. ISSN 2305-0853.

    Die fokus van hierdie artikel is om aan te toon dat pedoseksualiteit en pedofilie 'n uitdaging aan die pastoraat en die kerk stel. Nie net in Suid-Afrika nie, maar ook internasionaal is pedoseksuele gedrag 'n wydverspreide probleem. Navorsing op hierdie gebied is 'n pastorale uitdaging. Volgens baie mense is seksueel-afwykende gedrag nie iets wat in die Christengemeenskap voorkom nie. Dit is egter ver van die waarheid af. Pedoseksualiteit en pedofilie kom voor in alle beroepe, op alle sosio-ekonomiese vlakke, in alle ouderdomme, kulture en seksuele oriëntasies en in alle gelowe. Pedofilie word in twee hoofgroepe verdeel, naamlik die situasionele kindermolesteerder en die voorkeur-kindermolesteerder. Die wortels van pedofilie lê normaalweg in die kinderjare terwyl die seksuele wanorde gedurende adolessensie ontwikkel. Drie tipes lewenservaring op 'n vroeë ouderdom word aangedui as aanleidend tot pedoseksualiteit, naamlik seksuele kontak vóór die ouderdom van 16 jaar met 'n aansienlik ouer persoon; seksuele kontak voor die ouderdom van 13 jaar met lede van die eie portuurgroep; en nie-seksuele geweld wat hoofsaaklik deur ouers teenoor kinders gepleeg is. Aangesien daar geen rehabiliteringsprogramme in Suid-Afrika bestaan vir persone met seksueel-afwykende gedrag nie en seksuele waardes vinnig in die breë samelewing afgeneem het, behoort die kerk op die voorgrond te tree op hierdie gebied.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )