SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DE KLERK, Barend J.. Liturgiese riglyne vir kerke om 'n stem te laat hoor in die ernstige probleem van ekonomiese ongelykheid in Suid-Afrika. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.

Deel van die kerk se roeping is om aangeleenthede soos geregtigheid en vrede aan te spreek, asook om vir armes en gemarginaliseerdes in die samelewing te sorg. Die kerk is immers die liggaam van Christus en daarom die hart en hande van Christus in die wêreld. Die probleemstelling van hierdie artikel is: 'Hoe kan liturgiese riglyne kerke help om betrokke te raak by die ekonomiese ongelykhede en gevolglike armoede in die Suid-Afrikaanse samelewing?' Richard Osmer bied 'n prakties-teologiese metode wat met vrug gebruik is in hierdie navorsing. Suid-Afrika is die wêreld se mees ekonomies-ongelyke nasie. Die Suid-Afrikaanse ekonomie het van 1992 tot 2008 stelselmatig gegroei, maar die voordele daarvan is sodanig versprei dat die ongelykheid in inkomste toegeneem het. Dit is nodig om 'n betroubare vertrekpunt vir die kerk te vind om hierdie probleem te hanteer - en die beste wyse is om by die identiteit van die kerk aansluiting te vind. Die identiteit van die kerk in die liturgiese sin word in drie fases van betrokkenheid in die samelewing beskryf: (1) die vergadering en uitstuur van die plaaslike gemeente; (2) die liturgiese verantwoordelikheid tesame met die ekumeniese kerk; en (3) die moontlike samewerking met hulle wat nie in die Christelike geloof deel nie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License