SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DE SMIDT, Kobus. Openbaring 1:7 - 'n Padkaart van God se eskatologiese τέλος vir sy skepping. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-8. ISSN 2305-0853.

Openbaring 1:7 dui op 'n geantisipeerde finale verskyning van Jesus met die voleinding. Hierdie κηρύσσω het uit die Joodse laat-apokaliptiese eskatologie ontwikkel. Die apokaliptiese eindtyd het met Jesus se opstanding plaasgevind en die Nuwe-Testamentiese hede is dus alreeds die eindtyd. Die voleinding is egter nog in die toekoms. Jesus se verskyning met sy opstanding is 'n metafoor vir sy koms by die voleinding. Hy sal liggaamlik verskyn. Die skrywer bemoedig die gemarginaliseerde tweede generasie Christene. Die Romeinse keiser is nie die oorwinnaar nie - Jesus is die axis mundi van God se finale plan vir sy skepping. Die finale verskyning van Jesus sal vir die gelowiges ewige verlossing bewerk, maar die ongelowiges sal in rou gedompel word. Die κηρύσσω van Openbaring 1:7 is die teenoorgestelde van die standpunt van die chiliasme. Die land en huidige volk van Israel vervul geen eskatologiese rol by die voleinding nie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License