SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.47 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

SHIKWATI, Benjamin; MAGEZI, Vhumani  and  LETSOSA, Rantoa. Die gebrek aan genesende prediking onder Abaluyia teenoor 'n 'sirkel van pastorale besorgdheid' as genesingsmodel. In Skriflig (Online) [online]. 2013, vol.47, n.1, pp.1-11. ISSN 2305-0853.

'n Nuwe integrale benadering vir pastorale hulpverlening en berading tydens rousmart word voorgestel, naamlik 'n omsirkelingsmodel vir pastorale omgee-uitreiking met die oog op treurbediening binne 'n Afrika-konteks. Die vraagstuk van pastorale hulp en heling word behandel. Treurprosesse in Afrika vind binne die wisselwerkende verband tussen Christelike geloof en kultuurkonteks plaas. As voorbeeld van 'n dergelike interkulturele benadering, word die gebruike tydens rou en smartbelewing van die Abaluyia-groep in die westelike deel van Kenia ondersoek. Die Abaluyia-konsep van okhukura [om met liefdevolle sorg te omarm] word met die Bybelse konsep van koindnia [onderlinge ondersteunende gemeenskap] vergelyk. Hierdie verband kan waarskynlik met die vestiging van sinvolle treurgroepe binne kulturele gemeenskapsverbande help, terwyl die wisselwerkende verband tussen tradisionele heling binne Afrikaspiritualiteite en die Christelike geloof in ag geneem word. Binne die Christelike konteks is dit die plaaslike kerk wat 'n deurslaggewende rol in die verwerking van smart kan speel. Dit is ook hier waar die filter tussen 'n Christelike praktyk en ander kulturele praktyke plaasvind ten einde die verwerking van smart optimaal toe te pas. 'n Dergelike sirkelverband is noodsaaklik om te voorkom dat Christene terugkeer na onaanvaarbare kulturele praktyke van smartverwerking binne 'n pluralistiese samelewing. Die model wat voorgestel word, is inklusief en sluit die offisiele amp sowel as die amp van gelowiges in. 'n Inklusiewe benadering versprei die verantwoordelikheid van pastorale betrokkenheid en skep 'n omgee-gemeenskap waar die verskeidenheid van gawes en talente ge'inkorporeer word.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License