SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1A practical-theological perspective on the act of making ecclesiastical resolutions - exploration and normative points or view author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    HELBERG, Jaap L. Christus as Dawidgestalte in Openbaring. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-08. ISSN 2305-0853.

    Die geweldsoptrede in Openbaring herinner baie aan die tyd van Dawid en dit laat die vraag ontstaan of die 'regering in liefde' soos dit in die res van die Nuwe Testament verkondig word, nou plek maak vir 'geweldsregering'. In hierdie artikel word die antwoord gesoek in die apokaliptiese taal en styl (oortreffende vergelykingstrappe en skerp teenstellings) en in die omraming deur God as die Alfa en die Omega, op wie die hele fokus gerig is en wat alles integreer. Daar word ondersoek hoe dit God se regverdigheid en genade raak en watter rol Dawid in God se koningsheerskappy speel, in die lig van sy verbinding met Christus as die Leeu en die Lam. Aandag word geskenk aan Dawid as koning, as voorbeeldige gelowige en tog sondige mens en aan die betekenis van berou en bekering en 'n persoonlike verhouding met God. Die bevinding is dat die verbandlegging met Dawid 'n verlange vertolk na 'n integrasie van geregtigheid en liefde wat in Dawid skaduagtig was en ten volle tot vervulling kom in die wonder van God in Jesus Christus se lewe, sterwe, opstanding en wederkoms. Openbaring is 'n teken van God se genade deur die ernstige en onophoudelike waarskuwing en oproep tot geloofsvolharding en bekering. Tegelykertyd is dit 'n uitnodiging om na Hom te kom omdat daar net deur en by Hom, die lewende en persoonlike God, lewe is. Buite Hom is daar net disintegrasie.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )