SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    DE WET, Friedrich W. Die rol van profetiese prediking in publieke teologie: Die implikasies vir die hantering van korrupsie in 'n konteks van volhoubare ontwikkeling. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-08. ISSN 2305-0853.

    Na bykans twee dekades van demokratiese regering in Suid-Afrika blyk dit dat patrone van onttrekking en onsekerheid oor wat die inhoud, rasionaliteit en impak van die publieke rol van die kerk in die samelewing presies behels, steeds voortduur. In 'n situasie waaruit dit blyk dat daar geen werklike teenvoeter is vir die hoë vlakke van korrupsie asook vir die bedreiging wat dit vir volhoubare ontwikkeling inhou nie, is dit hoog tyd dat die kerk, ten minste in die geval van die Suid-Afrikaanse kerke van reformatoriese oorsprong, diep oor sy profetiese rol in die samelewing moet besin. Hierdie kerke kom uit 'n ryke tradisie van kritiese en transformerende betrokkenheid in die publieke sfeer. In hierdie artikel plaas die outeur verskillende modelle vir die publieke rol van die kerk in die spanningsveld wat gegenereer word wanneer die private en publieke sfere mekaar ontmoet. Die outeur antisipeer verskillende konfigurasies wat waarskynlik na vore sal tree in hierdie spanningsveld in die gevalle van onderskeidelik die Twee Koninkryke Model, die Neo-Calvinistiese Benadering en die Kommunikatiewe Rasionaliteit Benadering.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )