SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.48 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    VENTER, Dirk J. Romeine 8:3-4 en God se oplossing van die drievoudige probleem van sonde, die onvermoë van die wet en die swakheid van die vlees. In Skriflig (Online) [online]. 2014, vol.48, n.1, pp.01-07. ISSN 2305-0853.

    In die lig van Romeine 7:7-25 impliseer 8:3-4 dat die 'onvermoë van die wet' 'n noemenswaardige deel van die groter probleem van die sonde was wat opgelos moes word. Hierdie insig tree veral duidelik na vore wanneer die sinsnede waarmee Romeine 8:3 begin (τό ... αδύνατον) geïdentifiseer word as 'n akkusatief van opsig (met bysinne) en nie, soos dikwels veronderstel word, 'n anakoluthon nie. Die twee probleme wat met sonde gepaard gaan (die onvermoë van die wet en die swakheid van die vlees), word dus deur Paulus uitgelig as die primêre verwysingspunte ten opsigte waarvan die stellings in Romeine 8:3-4 gemaak word. In Romeine 8:3 wys Paulus dat God, deur sy Seun te stuur, die probleme van die sonde en die vlees aangespreek het deurdat die sonde in die vlees (van Christus) veroordeel is. Dit het die doel-gevolg gehad dat die meegaande probleem van die onvermoë van die wet ook opgelos is, aangesien Christus die vereiste van die wet vervul het (Rom 8:4).

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )