Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
In die Skriflig
On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441
Abstract
VAN ZYL, Hermie C.. Eksegese en prediking: Romeine 7:14-25 as toetsgeval. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.2, pp.1-10. ISSN 2305-0853. http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i2.1927.
Eksegese is nie 'n eksakte wetenskap nie. Dikwels is meer as een geldige lesing van die teks moontlik. Dit bring mee dat predikers dikwels keuses tussen eksegetiese opsies moet uitoefen. Romeine 7:14-25 is so 'n geval. Dit word allerweë erken as 'n crux interpretum. Die eksegetiese opsies wissel oor die identiteit van die 'ek' in hierdie perikoop, asook oor die stadium in die 'ek' se lewe - vóór of ná sy bekering. Hierdie artikel beredeneer die eksegetiese opsie dat Paulus hier oor sy lewe praat vóór hy 'n volgeling van Christus geword het. Vervolgens word aangetoon watter implikasies dit vir die prediking het.