SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue2An ecclesiological model for the ministry of reconciliation in a socio-political contextSalvation: From Pelagius to Joseph Smith author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

KOK, Jacobus (Kobus). The plenipotentiary idea as Leitmotiv in John's GospelOpsomming: Gesantskap as leitmotief in die Johannesevangelie. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.2, pp.1-9. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I2.1923.

In hierdie artikel word die konsep van gesantskap in Johannes se Evangelie in verhouding tot die Joodse konsepte van gesantskap bestudeer. Daar word aangevoer dat die missionale of gesantskapskonsep 'n leitmotief (sentrale of dominante tema) in Johannes se Evangelie is, en dat dit met die Christologie en die Soteriologie in die vierde Evangelie geïntegreer is. Jesus word as God se gevolmagtigde verteenwoordiger (gesant of plenipotensiaris) aangebied wat deur God gestuur is om lewe te gee en te oordeel - kwaliteite wat tradisioneel gesproke die prerogatief van God alleen is. Ná die opstanding bemagtig Jesus sy dissipels as sy gevolmagtigde verteenwoordigers wat geroep en gestuur is om die doel wat God in en deur Jesus begin het, te kontinueer. In teenstelling met sommige geleerdes wat beweer dat Johannes 'n sektariese geskrif is wat op die 'in-groep' in teenstelling met die 'uit-groep' gemik is, of dat Johannes geen sensitiwiteit vir buitestanders het nie, argumenteer die outeur van hierdie artikel dat Johannes se idee van sending 'n openheid teenoor buitestanders impliseer wat deur liefde gemotiveer is en op so 'n wyse uitgeleef behoort te word dat dit (sosiale en ander) grense transendeer.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License