SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue2The Holy Spirit and preaching in the service author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    In die Skriflig

    On-line version ISSN 2305-0853Print version ISSN 1018-6441

    Abstract

    JORDAAN, Gert J.C.. Blydskap om Christus te sien: 'n Tematiese studie van blydskap in die Johannes-Evangelie. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.2, pp.1-9. ISSN 2305-0853.  https://doi.org/10.4102/IDS.V49I2.1968.

    'n Ondersoek na die herhaalde verwysings na blydskap in die vierde Evangelie bring aan die lig dat blydskap in hierdie Evangelie tot 'n selfstandige tema uitgebou word. Die tema is volgens die tipiese spiraalpatroon van Johannes se gedagtegang gerangskik, met sy klimaks in die blydskap daarvan om Jesus as die opgestane Here te sien. Binne hierdie patroon word die blydskaptema vanaf Abraham in die Ou Testament tot by Jesus se verskyning ná sy opstanding openbaringshistories ontvou en binne die breë raamwerk van die verbond en die koninkryk van God ontwikkel.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )