Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
In die Skriflig
On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441
Abstract
VAN DER WATT, Jan G.. Johannese navorsing in Afrika, deel 1: 'n Analitiese oorsig. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.2, pp.1-14. ISSN 2305-0853. http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I2.1928.
Hierdie artikel is die eerste van twee, wat saam 'n bydrae tot die geskiedenis van Bybelnavorsing in Afrika wil lewer. Afrika se teologiese bewuswording wat op die koloniale periode volg, sluit die dissipline van Nuwe-Testamentiese navorsing in. In hierdie artikel word die bydrae van teoloë wat in Afrika werk, ondersoek en ge-evalueer. In sekere areas het die teoloë uit Afrika besonder goed gevaar, maar ander areas behoort meer aandag te geniet.