SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

FRANCOIS TOLMIE, D.. Ambrosiaster se uitleg van die Filemonbrief en die retoriese analise van hierdie brief. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.2, pp.1-7. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i2.1843.

Die studie van Paulus se brief aan Filemon het gebaat by die hernude belangstelling in die retoriese analise van Nuwe-Testamentiese geskrifte, in die sin dat 'n groot aantal retoriese analises van die brief gepubliseer is. Hierdie retoriese analises is vanuit 'n verskeidenheid perspektiewe gedoen, maar tot dusver het niemand nog die manier sistematies ondersoek waarop die vierde-eeuse outeur, wat later die naam Ambrosiaster gekry het, die brief in sy kommentaar op die Pauliniese briewe geïnterpreteer het nie. Hierdie artikel bied dus 'n oorsig van Ambrosiaster se interpretasie van die brief aan Filemon en dui aan watter bydrae dit tot die retoriese analise van die brief kan maak.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License