SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 issue2Trends in application of green star sa credits in south african green buildingHousing poverty in developing countries: challenges and implications for decent accommodation in Swedru, Ghana author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

ALUMBUGU, Polycarp; SHAKANTU, Winston  and  TSADO, Abel. Assessment of transportation efficiency for the delivery of construction material in North-Central Nigeria. Acta structilia (Online) [online]. 2020, vol.27, n.2, pp.30-56. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as27i2.2.

In Nigerië is kennis oor die bestuur van die logistieke stelsel vir konstruksiemateriaal, veral in vervoer, onvoldoende. Hierdie artikel evalueer die doeltreffendheid van die vervoer vir die aflewering van konstruksiemateriaal deur konstruksiemateriaalvervaardigers, ten einde die vervaardigingsvervoer in Noord-Sentraal Nigerië te verbeter. Altesaam 32 konstruksiemateriaalvervaardigers wat hul materiaal by 42 verspreidingsentrums/ pakhuise en kleinhandelaarswinkels aflewer, asook 30 konstruksieterreine is doelbewus vir hierdie studie gekies. Die gekose konstruksiemateriaalvervaardigers vervaardig ses soorte materiaal, naamlik sement, wapeningstawe (staal), keramiekteëls, gebreekte klippe, messelwerk, hol sandbetonblokke en sand (fyn en grof). 'n Gevallestudie navorsingsontwerpmetode is gebruik, waarin kwantitatiewe data versamel en ontleed is. 'n Waarnemingsgids (kwantitatiewe) is as navorsingsinstrument gebruik. Die kwantitatiewe data wat versamel is, is geanaliseer met behulp van beskrywende statistiese instrumente soos frekwensies en persentiele. Die resultate het getoon dat die doeltreffendheid van vervoer laag is in terme van voertuigverblyftyd, asook tydens die op- en aflaai van voertuie by die pakhuise, kleinhandelaarswinkels en terreine. Resultate toon ook dat daar nie van tegnologie in die vervoerstelsel gebruik gemaak word om die vervaardigerspakhuis met die ander logistieke vennote in die verskaffingsketting te integreer nie. Die aanbeveling is dat vervaardigers vervoerbedrywighede langs die afleweringsnodusse moet aanspreek om te verseker dat konstruksiemateriaal by die finale bestemming teen optimale kwaliteit, tyd en koste kom.

Keywords : Doeltreffendheid; konstruksiemateriaal; tegnologie; vervaardigerslogistiek; vervoer.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License