SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 issue2Identifying factors of collaboration critical for improving health and safety performance in construction projects: a systematic literature review author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

BOSHOFF, Brian  and  MEY, Cornelia. The building emission reduction potential of south african residential building efficiency tools - a review. Acta structilia (Online) [online]. 2020, vol.27, n.2, pp.151-185. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as27i2.6.

Die energieverbruik en kweekhuisgasvrystellings deur die boubedryf lewer 'n beduidende bydrae tot Suid-Afrika se algehele koolstofvrystelling en beïnvloed ons vermoë om ons verbintenisse tot die Parys-ooreenkoms na te kom, wat daarop gemik is om klimaatverandering te beperk. Hierdie oorsigartikel ondersoek die versagtingsmaatreëls wat in die boubedryf gebruik word om klimaatverandering te bekamp, en spesifiek die potensiële energie-besparende impak van verpligte en vrywillige energie-doeltreffendheid of groenbou-instrumente wat in die Suid-Afrikaanse residensiële mark gebruik word. Internasionale navorsing is tipies toegespits op die impak van groenbou-instrumente op die kommersiële eerder as op die residensiële sektor, as gevolg van beperkte beskikbaarheid van energiedata in die residensiële sektor wêreldwyd. Gegewe hierdie konteks, en die verkennende en evaluerende aard van die navorsing, moes daar aansienlike vertroue op 'n aantal grysliteratuur vir hierdie navorsing gemaak word. Na 'n hersiening van die Suid-Afrikaanse residensiële groenbou-instrumente, is daar 'n potensiaal vir 'n afname van 16% in die energie-intensiteit van die residensiële sektor teen 2030. Hierdie afname word egter teengewerk deur die geprojekteerde toename in algehele residensiële vloeroppervlakte en is sodanig onvoldoende om aan ons verbintenisse van die Parys-ooreenkoms te voldoen. Meer ambisieuse teikens word dus benodig. Gegewe die groei in die residensiële sektor en die potensiële impak van die verskillende groenbou-instrumente, is tydige en verbeterde verpligte regulasies vir nuwe geboue uiters belangrik om aan ons klimaatverbintenisse te voldoen.

Keywords : Energiebesparings; groenbou-instrumente; groen geboue; klimaatverandering; residensiële sektor; versagtingsmaatreëls.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License