SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.77Structuring South Africa's national economic space: A regional corridor network model approach author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Town and Regional Planning

On-line version ISSN 2415-0495
Print version ISSN 1012-280X

Abstract

SINXADI, Lindelwa; AWUZIE, Bankole  and  CAMPBELL, Maléne. Perspektiewe van multi-belanghebbendes om die besetting van stedelike openbare oopruimtes aan te spreek: Freedom square, Bloemfontein. Town reg. plan. (Online) [online]. 2020, vol.77, pp.137-148. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp77i1.10.

Verskeie studies het al ondersoek ingestel na die verdwyning van stedelike openbare oopruimtes in Suid-Afrika. Hieruit het dit geblyk dat die klem op goed gevestigde primêre stede was en dat slegs beperkte aandag aan ontwikkelende primêre stede geskenk is. Die bevindings van bogenoemde studies is gebaseer op die menings van die verteenwoordigers van beplanningsliggame of verteen-woordigers van daardie gemeen-skappe wat geassosieer word met die besetting van oopruimtes. Dit impliseer die afwesigheid van 'n sistematiese deelname deur veelvuldige belang-houers. Hierdie artikel dra by om die geïdentifiseerde gaping aan te spreek deur die aandag te vestig op die menings van veelvuldige belanghebbers rakende die besetting van stedelike oopruimtes met die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit as voorbeeld. 'n Kwalita-tiewe gevallestudie-benadering is gevolg, terwyl data deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude en fokusgroep-onderhoude ingesamel is. Respondente is doelbewus gewerf in die Mangaung Metropolitaanse Munisipa-liteit se department stadsbeplanning en inwoners van Freedom Square woonbuurt in Bloemfontein. Die data is deur middel van tematiese analise ontleed. Betekenisvolle kwalifiseerders is geidentifiseer, wat lae vlakke van volhou-baarheid, lae vlakke van openbare deelname in die beplanningsproses, en die beplanners se bestaande onvermoë om waardekonflikte te bestuur, insluit. Die bevindinge van hierdie ondersoek poog om by te dra tot die ontwikkeling van die beplanning van stedelike oopruimtes en die raamwerk vir die bestuur van die voorkoms daarvan in primêre stede. Gevolglik het die bevindinge van hierdie studie praktiese implikasies vir belanghebbers wat die verdwyning van stedelike oopruimtes in woonbuurte in Suid-Afrikaanse stede wil bekamp.

Keywords : Bloemfontein; onwet-tige besetting; stedelike openbare oopruimtes; volhoubare woonbuurte.

        · abstract in English | Other     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License