SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80Perceptions on corruption and compliance in the administration of town planning laws: The experience from Lagos Metropolitan Area, NigeriaCapturing a community's vision as a pattern language: Case study of the Mooiplaas community in Great Kei Municipality, South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Town and Regional Planning

On-line version ISSN 2415-0495
Print version ISSN 1012-280X

Abstract

AJAYI, Ayodeji. Evaluering van buitelugaktiwiteite in residensiële omgewings: Die rol van stedelike oop ruimtes. Town reg. plan. (Online) [online]. 2022, vol.80, pp.6-20. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp80i1.3.

Daar is alhoemeer bewyse wat die beskikbaarheid van stedelike oop ruimtes verbind om aktiewe leef- en buiteluggedrag te verbeter. Dit is egter nie duidelik watter tipolo-gieë van stedelike oop ruimtes watter tipe aktiwiteite stimuleer nie. Hierdie artikel ondersoek die gebruik van oop ruimtes buite in woonbuurte van Osogbo, 'n Suidwestelike stad in Nigeria. Die studie het woonbuurte in die stad in hoë-, medium- en lae-digtheid gebiede geklassifiseer. Uit die 6 818 geboue wat in die geselekteerde woonbuurte geïdentifiseer is, is die multi-stadium steekproeftegniek gebruik om 1 265 re-spondente te selekteer. Met behulp van 'n opname-navorsingsmetode is data verkry deur gestruktureerde vraelyste, veldwaarnemings, objektiewe meting van oop ruimtes via die Geografiese Inligtingstelsel, en fotografiese op-names. Die data is ontleed met behulp van IBM Statistical Package for Social Sciences Statistics 24, en verder aangebied in beskrywende statistieke, persen-tasiestatistieke en chi-kwadraattoets. Verskillende tipologieë van oop ruimtes is geïdentifiseer (skoolspeelgronde, buurtpark, toevallige oop ruimtes, sakpark). Stap sowel as kragtige, matige en sittende aktiwiteite is in die oop ruimtes waargeneem. Resultate toon ook dat sittende aktiwiteite oor alle tipologieë algemeen voorgekom het, en dat die hoogste proporsie kragtige aktiwiteite in die toevallige oop ruimtes plaasgevind het. Daarbenewens is statisties betekenisvolle variasies in self-gerapporteerde kragtige buitelugaktiwiteite oor die oopruimte-tipologieë getoon. Daar was ook 'n statisties betekenisvolle verskil in die vlak van aktiwiteite tussen mans en vroue in die stad. Bevindinge toon dat die patrone van buitemuurse aktiwiteite verskil volgens tipologieë. Om aktiewe lewe te stimuleer, beveel hierdie studie aan dat toepaslike geriewe in stedelike oop ruimtes voorsien word.

Keywords : Buitelugaktiwiteite; landskapbeplanning; oopruimtebenut-ting; residensiële omgewings; stedelike oopruimte-tipologieë; Nigerië.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License