SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80Capturing a community's vision as a pattern language: Case study of the Mooiplaas community in Great Kei Municipality, South AfricaA multisensory approach to measure public space quality in the city of Bulawayo, Zimbabwe author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Town and Regional Planning

On-line version ISSN 2415-0495
Print version ISSN 1012-280X

Abstract

OMOLLO, Wilfred Ochieng. Beplanning vir nie-gemotoriseerde vervoer: voorsiening van voetpaaie as openbare ruimtes in Kisii-dorp, Kenia. Town reg. plan. (Online) [online]. 2022, vol.80, pp.40-53. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trp80i1.5.

Stap in stedelike gebiede word as gesond, goedkoop en besoedelingvry beskou. Dit word beïnvloed deur veranderlikes soos die beskikbaarheid van veilige voetpaaie, reg-van-toegang, toestand van paaie, patrone van grondgebruik en veiligheid. Onbevredigende voorsiening van voetpaaie trek egter steeds wêreldwye aandag vanweë hul sentrale posisie op volhoubare stedelike mobiliteit en veiligheid. Deur middel van 'n korrelasienavorsingsontwerp ondersoek hierdie artikel dus of die beplanningstandaard wat voetganger-paaie reguleer deur residensiële gebou-ontwikkelings in die sewe woonbuurte van Kisii-dorp, Kenia, nagekom word. Dit is gelei deur die openbare belang teorie van regulering wat ruimtelike beplanning deur ontwikkelingsbeheer regverdig. 'n Gestruktureerde waarnemings-kontrolelys, satellietbeeld en fotografie is gebruik om primêre data in te samel. Die ontleding het staatgemaak op 'n een-steekproef t-toets, GIS, en Pearson se tweeveranderlike korrelasie. Navorsingsbevindinge het getoon dat die meeste residensiële ontwikkelings nie die twee meter beplanningstandaard nagekom het nie. Voldoening het oor die algemeen met 'n gemiddelde van 0.3 meter afgeneem, wat gevolglik die ontwikkelingsbeheerbeginsels van toegang en veiligheid in die gebruik van voetpaaie as openbare ruimtes ontken. Die probleem is versnel deur ontwikkelings wat padreserwes binnegedring het, wat dus die wydtes van voetpaaie verklein het, die onvermoë van die distriksregering van Kisii om doeltreffend ontwikkelingsbeheer toe te pas en versuim om die voorsiening van voetpaaie te prioritiseer wanneer tenders vir die konstruksie en instandhouding van paaie toegeken word. As 'n gevallestudie lig hierdie artikel die akademiese gemeenskap, beleidmakers en praktisyns in die konstruksiebedryf in oor hoe voldoening aan die standaarde wat gebruik word in die regulering van voetpaaie geëvalueer kan word deur 'n triangulasie van statistiese en ruimtelike benaderings, 'n leemte wat tot dusver in die stadsbeplanningliteratuur bestaan het.

Keywords : Nie-gemotoriseerde vervoer; voetpaaie; openbare ruimte-beplanning; padreserwes; Kisii-dorp; Kenia.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License