SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.80 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Town and Regional Planning

On-line version ISSN 2415-0495
Print version ISSN 1012-280X

Abstract

JACOBS, Niké  and  CORNELIUS, Selna. Boublokke in beplanning-navorsingsmetodologie: 'N padkaart vir navorsingsontwerpopsies. Town reg. plan. (Online) [online]. 2022, vol.80, pp.105-117. ISSN 2415-0495.  http://dx.doi.org/10.18820/2415-0495/trptrp80i1.10.

Om sin te maak van die magdom beskikbare navorsingsontwerpopsies is dikwels 'n moeisame taak vir navorsers. Deeglike navorsingsontwerp word dikwels in Beplanningsnavorsing nagelaat met oppervlakkige uitsette tot gevolg. Om die ontwerp van navorsing te vereenvoudig, is ' padkaart saamgestel met 'boublokke' wat beskikbare opsies vir navorsingsontwerp organiseer. Ondersteunende en rigtinggewende literatuurverwysings word ook vir elke gelyste opsie verskaf om as vertrekpunt vir navorsers te dien. Hierdie 'boublokke' is saamgestel deur middel van 'n sistematiese oorsig van eweknie-geëvalueerde artikels, boeke en grys literatuur oor metodologie vir sosiale en toegepaste wetenskappe (met 'n spesifieke fokus op Beplanning). Beplanningstudente en -navorsers kan hierdie 'boublokke' gebruik as uitgangspunt om opsies te identifiseer en te kies tydens die samestelling van hul eie navorsingsontwerp. Beplanningsopvoedkundiges kan dit benut om ' deeglike navorsings-metodologie-kursus te ontwerp.

Keywords : Beplanningsnavorsing; filosofiese posisie; gemengde metodes navorsing; kwalitatiewe navorsing; kwantitatiewe navorsing; literatuurstudie; multi-metode navorsing; navorsingsmetodologie; navorsingsontwerp; navorsingsmetodes.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License