SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue3Environmental identity in the Age of Man: New perspectives on Toorbos. Part 1Person-oriented citizenship education in public secondary education author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN HUYSSTEEN, Gerhard B  and  KOEKEMOER, Simoné. 'n Empiriese vergelyking van die potensiële aanstootl ikheid van enkele skelnaampare in Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.3, pp.560-584. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n3a10.

In Afrikaans en ander Germaanse tale is daar 'n subkategorie van eksosentriese komposita wat evaluatief as persoonsname gebruik kan word. Die fokus van hierdie artikel is op sulke komposita wat pejoratief as skel- of spotname gebruik word (d.i. epitetiese eksosentriese komposita (EEK's)), en nog meer spesifiek op EEK's wat op een van twee konseptuele metonimieë berus: liggaamsdeel vir persoon (byvoorbeeld skinder / bek) en (deel van) kledingstuk vir persoon (byvoorbeeld slaap / kous). Die artikel ondersoek die potensiële aanstootlikheid van EEK's empiries. In 'n aanlyn vraelys met nege vrae moes respondente telkens die items (woorde) van mins aanstootlike tot mees aanstootlike rangskik. op grond van 'n aantal statistiese berekeninge kan tot die gevolgtrekking gekom word dat metonimiese EEK's (byvoorbeeld dwaas / kop) nie statisties beduidend meer of minder aanstootlik as semanties ekwivalente non-EEK's (byvoorbeeld dwaas) is nie. Ook kan aangetoon word dat suffiksoïede wat na liggaamsdele verwys (byvoorbeeld / gat en / neus) nie statisties beduidend meer of minder aanstootlik is as suffiksoïede wat na kledingstukke verwys (byvoorbeeld / sak en / broek) nie. Die ondersoekte suffiksoïede kan wel op 'n spektrum van potensiële aanstootlikheid geplaas word, te wete: / neus ~ / broek < / sak < / gat.

Keywords : Afrikaans; aanstootlikheid; affiksoïed; eksosentriese kompositum; empiries; epitetiese eksosentriese komposita; epiteton; evaluatiewe taal; kompositum; konseptuele metonimie; pejoratief; persoonsnaam; skelnaam; spotnaam; suffiksoïed.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License