SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue3Empowering secondary-school principals in Ethiopia to perform their instructional leadership roles more effectively"Will you accept him as he is?": Faan (Faan se trein) and Lambert (Triomf) as filmic déstabilisation of hegemonic Afrikaner masculinity author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

NAUDE, Charl-Pierre. Hans Blumenberg se filosofiese begronding van die kuns as kennisvorm. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.3, pp.632-654. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n3a13.

Die artikel gee 'n uiteensetting van die ontstaansredes vir die aktiwiteit van kuns teen die agtergrond van Hans Blumenberg se antropologie van die denke. Kuns is ten diepste 'n oorlewingsmeganisme en een van die mens se vroegste denkvorme. Volgens Hans Blumenberg se filosofiese antropologie bestaan daar 'n sterk verband tussen die noodsaak om kuns te skep en die beswering van eksistensiële angs, wat teruggaan na die mens se vroegste tyd van 'n selfbewussyn. Die vroegste denkvorme was mitewerkend van aard, en hieronder val die vroegste kuns ook. Dan beweeg die artikel van die primordiale na die (meer onlangse) historiese tyd, en karteer dit die Europese mens se veranderende kunsopvatting vanaf die Antieke Tyd tot by die Moderne Tyd teen die agtergrond van die filosofiese antropologie. Op grond van Blumenberg se model van tydperke wat volgens hul eie afsonderlike "tydslogika" funksioneer, en sy siening van "werklikheidsbegrippe", wat tye en tydsgewrigte tipeer, word die verskeie stadia van die Aristoteliaanse model van kuns bekyk in terme van die werking van "reokkupasie" - Blumenberg se begrip vir hoe die funksies van ideesisteme in historiese tyd evolueer. Die Aristoteliaanse opvatting het geglo kuns is die nabootsing van die natuur (Skepping). My artikel illustreer hoe die een na die ander term in hierdie opvatting sy funksie verander het totdat dit die moderne kunsopvatting, wat nie meer op nabootsing gegrond is nie maar op die selfstandige selfverwysende kunswerk, moontlik gemaak het. Leonardo da Vinci word binne die Renaissance-werklikheidsbegrip met die objet ambigu van die moderne kuns vergelyk. Die bedreiging wat 'n opnuut getraumatiseerde laatmoderne tyd vir die funksionering van die objet ambigu inhou, word bekyk.

Keywords : antropologie; Aristoteles; Hans Blumenberg; fenomenologie; Leonardo da Vinci; metaforologie; mimesis; moderne kuns; moderniteit; mite; Neoplatonisme; Paul Valèry; Odysseus; (die) rede; Renaissance; Robert Frost; laatmoderne.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License