SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue4The third Afrikaans church Bible: Processes and practices of a direct translationLanguage change in the Afrikaans translations of the Gospel of Mark author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

SPANGENBERG, Izak. Die Bybel, die Christelike geloof en die natuurwetenskappe. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.4, pp.947-970. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n4a11.

In hierdie artikel word die kwaliteit beoordeel van die navorsing wat in die vier artikels, gepubliseer onder die tema "Geloof en Wetenskap" in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 63(2):192-261 tot uitdrukking kom. As vertrekpunt dien die oortuiging dat alle standpunte en menings rasioneel en krities beoordeel moet word om die feitelikheid, oftewel waarheidsgehalte daarvan te bepaal. In die ondersoek word die wetenskaplike navorsingsproses in ag geneem en die standpunt verdedig dat natuurwetenskaplike en geesteswetenskaplike navorsing nie wesenlik van mekaar verskil nie. Dit wys die standpunt van die navorsers af dat geesteswetenskaplike navorsing vanuit bepaalde geloofsvoorveronderstellings gedoen mag word. Daar word verder geargumenteer dat waarheid en geskiedenis ten nouste met mekaar saamhang, want wat in een eeu waar mag wees, kan in 'n volgende eeu as onwaar bewys word; daarom is 'n historiese bewussyn van die allergrootste belang. Die gebrek aan 'n sodanige bewussyn kan navorsers duur te staan kom, omdat hulle uitsprake kan maak en standpunte kan inneem wat histories nie korrek is nie. Die navorsers van die onderhawige artikels se poging om te bewys dat Genesis 1-3 met die moderne natuurwetenskaplike resultate versoen kan word, is onoortuigend, omdat hulle nie die historiese en kulturele kontekste van dáárdie verhale in ag neem nie. Voorts lees die navorsers hul oortuigings in die tekste in en laat sodoende die Bybel buikspreek.

Keywords : Christelike godsdiens; natuurwetenskappe; Bybelse skeppingsverhale; Genesis 1-3; wetenskaplike navorsingsproses; Bybelwetenskaplike navorsing; evolusie-teorie; paradigmas; paradigmaveranderinge; hipo-teses; teorieë; waarheid; etiologiese verhale; Pre-Adamiete; Intelligente Ontwerp.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License