SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue4Literary aspects of the 2020 translation of the Bible in Afrikaans and the contribution of the literary advisors in the process of translationAuthority and solidarity: Forms of address and pronominal personal references in the Afrikaans Bible translation of 2020 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

WESSELS, JS. Etiek van leeshandelinge: 'n Suid-Afrikaanse geval. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.4, pp.971-994. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n4a12.

Skrywers skryf oor wat hulle sien, hoor, lees en ervaar. Mense lees dit en lewer kommentaar daarop. Die uiteenlopende response op dieselfde teks weerspieël hoe die lees van 'n teks kan verskil. Die diskoers wat gevolg het op 'n rubriek deur Hennie van Coller in Mei 2022 dien as voorbeeld en opper vrae oor hoe geskryf en gelees word, maar ook hoe geskryf en gelees behoort te word. Die soeke na antwoorde begin deur bepaalde vertrekpunte te openbaar in 'n oorsig van die diskoers, gevolg deur 'n besinning oor die fundamentele vertrekpunte. 'n Ontleding van geselekteerde lesinge van die Van Coller-rubriek, asook response op dergelike lesinge, volg aan die hand van 'n model van interafhanklike leesmodaliteite ten einde 'n oorwoë antwoord op bogenoemde vrae te kan gee. Dit blyk uit die lees van die geselekteerde lesings van die rubriek dat sommige mank gaan aan respek vir die letter van die rubriek se teks. Die eintlike bedoeling van die Van Coller-teks is meesal genegeer ter wille van die lees van 'n alternatiewe teks (dit wat ook uit die teks afgelei kon word). Gevolglik slaag weinig lesings daarin om daarvan sin te maak binne die konteks wat die outeur beskryf. Argumente in die aanvanklike response, sowel as latere reaksies in die verloop van die diskoers, is meesal in 'n uitsluitende trant met eenduidige logikas gevoer. Die idioom en konteks waarin die diskoers ontvou het, was dus oorwegend vyandig, aggressief en etosvreemd. Hierdie diskoers maak mens opnuut bewus van die noodsaaklikheid van 'n oop en omvattende gesprek oor sake van belang vir ons land, ons taal Afrikaans, en die toekoms van kinder- en jeugliteratuur. Só 'n gesprek is slegs moontlik binne 'n milieu van etosverwesenliking waarin almal tuis kan wees.

Keywords : dekonstruktiewe lees; etiek van lees; etos; etosverwesenliking; euretiese lees; hermeneutiese lees; ideologie-kritiese lees; lees; reproduktiewe lees; Van Coller-diskoers.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License