SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue4Problems with and after the direct translation author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.63 n.4 Pretoria Dec. 2023

 

ERRATUM

 

Erratum

 

 

Die redaksie wys graag op die volgende fout wat ingesluip het op p. 240 van die artikel wat in die Junienommer (TGW 63(2):229-245) van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe verskyn het: Dreyer, J & Van der Walt, K. 2023. Die oorsprong van die mens: "Laat Ons mense maak" The origin of man: "Let us make humans".

Die Hebreeus in die tersaaklike gedeeltes moet asseblief soos volg lees:

Paragraaf 2:

Genesis 2:7 word uit die antieke Hebreeus in Afrikaans vertaal as: "die Here God het die mens met stof uit die grond gevorm...". Die antieke Hebreeuse woord wat in die teks gebruik word en in die 2020-vertaling as "gevorm" vertaal word, is volgens Strong (2009:#3335) yatzar (/ y.ts.r), wat beteken "om te vorm" of "om te fatsoeneer" (in Engels "mold"). Die woord yatzar word in Genesis 2:7 in teenstelling met die woord bara (Strong, 2009: #1254) van Genesis 1:26 gebruik. Bara beteken om iets uit niks te skep, terwyl yatzar beteken om iets te omvorm of te herfatsoeneer. Die woord yatzar kom ook voor in Genesis 2:19: "Toe vorm die Here God uit die grond al die diere van die veld en al die voëls van die hemel" (2020-vertaling). Die woord yatzar word in die antieke Hebreeus van II Samuel 17:28; Jesaja 29:16; en Jeremia 18:1-17 gebruik vir die vorming van kleiware deur 'n pottebakker, sowel as in Jesaja 44:9 en Hábakuk 2:18 vir die maak van afgode deur 'n goudsmid. Jesaja 49:5 gebruik die woord yafear verder vir die vorming van die dienskneg van God in die moederskoot.

Paragraaf 3:

Volgens die 2020- Afrikaanse vertaling van die antieke Hebreeuse Genesis 2:7a het "die Here God die mens met stof uit die grond gevorm...". Die antieke Hebreeuse woorde wat as "stof uit die grond" in Afrikaans in die 2020-vertaling vertaal word, is () a 'phar (Strong, 2009:#6083) en () a'da'mah (Strong, 2009:#0127). Adamah beteken "aarde of grond", terwyl aphar die antieke Hebreeuse woord is vir "stof. Die mens is volgens Genesis 2:7 met ander woorde gevorm uít die aarde self. Die naam Adam is daarom ook inderdaad verwant aan die antieke Hebreeuse woord vir aarde of grond adamah.

Paragraaf 4:

Volgens die 2020- Afrikaanse vertaling van Genesis 2:7 uit antieke Hebreeus [het God] "...in sy neus die asem van lewe geblaas. So het die mens 'n lewende wese geword". Die antieke Hebreeuse woord neshamah ( / ne'shey 'mah) word volgens Strong (2009: #5397) vyf-en-twintig keer in die 2020-vertaling van die Ou Testament as "asem" vertaal. In Genesis 2:7 maak neshamah van die mens 'n lewende wese. In Job 32:8 bring neshamah egter geestelike begrip. Volgens Psalm 104:29 is neshamah noodsaaklik vir lewe: "U neem hulle asem (neshamah) weg, hulle vergaan en keer terug na die stof wat hulle was".

Paragraaf 5:

Die 2020-vertaling se Afrikaanse woord "lewende" (soos in "lewende wese") is 'n vertaling van die antieke Hebreeuse woord chayah (Strong, 2009:#02421), terwyl die 2020-vertaling se Afrikaanse woord "wese" 'n vertaling van die antieke Hebreeuse woord nephesh (Strong, 2009:#05315) is, wat dikwels op ander plekke in die Bybel as "siel" vertaal word.

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License