Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Lexikos
On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904
Abstract
WOLFER, Sascha et al. Webgebaseerde verkenning van die resultate van 'n omvattende Europese opname van woordeboekgebruik en -kultuur: ESDexplorer. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.440-447. ISSN 2224-0039. http://dx.doi.org/10.5788/28-1-1473.
Ons stel ESDexplorer (https://owid.shinyapps.io/ESDexplorer), 'n webblaaiertoepassing wat die gebruiker toelaat om die data van 'n omvattende Europese opname van woordeboekgebruik en -kultuur te verken, bekend. Met die bou van ESDexplorer het ons verskeie teikengroepe in gedagte gehad: ons samewerkingsvennote, ander navorsers, en 'n meer algemene publiek wat in die resultate sou belangstel. Ons bespreek ook die argitektuur en tegnologiese totstandkoming van die toepassing in besonderhede en brei uit oor enkele regsaspekte rakende databeskerming wat sommige argitek-tuurkeuses gemotiveer het.
Keywords : opname; dataversameling; dataverwerking; data-aan-bieding; data-analise; tegnologie en argitektuur; teikengroep; grafiek; webblaaiertoepassing; esdexplorer.