SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

MARGALITADZE, Tinatin  and  MELADZE, George. Die leksikografiese en leksikologiese aspekte van 'n webge-baseerde chrestomatie van Gotiese en Angel-Saksiese geskrewe rekords. Lexikos [online]. 2019, vol.29, pp.75-95. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/29-1-1513.

Daar is 'n algemene tekort aan webgebaseerde hulpmiddels vir morfologies komplekse dooie/antieke tale. Selfs met behulp van woordeboeke is dit redelik uitdagend om tekste in hierdie tale te lees. Dit is moeilik om die lemma van 'n woordvorm wat in die tekste voorkom, te identifiseer sodat dit in 'n woordeboek nageslaan kan word. Die behoefte aan addisionele grammatikale inligting van 'n woord (tipes verbuiging, vervoeging, ens.) skep weer 'n ander probleem. Die Leksikografiese Sentrum by Ivanè Javakhishvili Tbilisi Staatsuniversiteit (TSU) het begin met die skep van 'n volledig gedigitaliseerde, webgebaseerde chrestomatie of studiehulp van Gotiese en Angel-Saksiese tekste met woordeboeke en grammatikale paradigmas daarin geïnte-greer, wat die studie van hierdie taalkundig belangrike tale sal vergemaklik. Elke woord van die digitale weergawes van Gotiese en Angel-Saksiese tekste is deur hiperskakels verbind met die oor-eenstemmende trefwoorde in die woordeboek. Buiten die betekenis van die woord verskaf die woordeboekinskrywing self via 'n ander hiperskakel al die noodsaaklike inligting rakende die mor-fologiese klas en verbuigingspatrone van die tersaaklike woord. Hierdie artikel beskryf die struktuur van die chrestomatie en die modus operandi daarvan; analiseer die woordeboekkomponent van die aanlynbron en sommige leksikografiese oplossings; bespreek leksikologiese en tegniese aspekte rakende die aanlynbronne, ens. Die metode wat toegepas word in die chrestomatie kan suksesvol aangewend word in die ontwikkeling van soortgelyke bronne vir lewende, morfologies komplekse tale, wat gekenmerk word deur talle verbuigings- en suppletiewe vorme, soos Hongaars, Turks, Russies, Duits en nog vele ander.

Keywords : digitale geesteswetenskappe; goties; angel-saksies; ver-gelykende linguistiek; sinchronie en diachronie; semantiese ewivalensie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License