Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Lexikos
On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904
Abstract
TALJARD, Elsabé and PRINSLOO, Danie. Afrikataalwoordeboeke vir kinders - 'n miskende genre. Lexikos [online]. 2019, vol.29, pp.199-223. ISSN 2224-0039. http://dx.doi.org/10.5788/29-1-1518.
Kinderwoordeboeke speel 'n belangrike rol in die vestiging van 'n woordeboekkultuur en gee toegang tot volgehoue en kundige woordeboekgebruik. Dis is daarom vreemd dat daar min aandag gegee word aan hierdie tipe woordeboeke in akademiese navorsing. In hierdie artikel besin ons oor die ontwerp van twee woordeboekreekse en 'n vrystaande woordeboek, wat almal oënskynlik gemik is op beginnergebruikers van woordeboeke. Ons kyk spesifiek na die belyning van die ontwerp-aspekte van die woordeboeke met die gebruikers se leksikografiese behoeftes. Ons dui aan dat die konseptualisering van kinderwoordeboeke vir sprekers van Afrikatale op grondvlak behoort te begin, en dat 'n Afrosentriese benadering verkieslik is bo 'n Eurosentriese benadering. Laasge-noemde benadering lei dikwels tot 'n mispassing tussen konseptuele verhoudings, en linguistiese vorm en funksie in Afrikataalwoordeboeke.
Keywords : kinderwoordeboeke; afrikataalwoordeboeke; gebruikers-perspektief; teorie van leksikografiese kommunikasie; afrosentriese benadering tot woordeboekkompilasie; gebruiker se verwysingsraamwerk.