SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Which Defining Model Contributes to More Successful Extraction of Syntactic Class Information and Translation Accuracy? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

GAO, Jun  and  LIU, Haitao. Valensiewoordeboeke en Chinese woordeskatverwerwing vir vreemdetaalleerders. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-32. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1548.

Valensie is 'n groot bron van leksikale foute in die aanleer van 'n vreemde taal. Gevolglik ontstaan die vraag hoe sintaktiese en semantiese eienskappe van 'n woord uit die korpus verkry en in 'n Chinese valensiewoordeboek weergegee kan word om woordeskat-verwerwing vir vreemdetaalleerders te vergemaklik. Met inagneming van die drie aspekte van 'n valensieraamwerk - logies-semantiese, sintaktiese en semanties-pragmatiese valensie - word 60 gevalle van Chinese leksikale foute wat uit die HSK (Chinese Taalvaardigheidstoets) Dinamies Saamgestelde Korpus onttrek is, bestudeer. Die resultate dui daarop dat die meeste van die foute plaasvind in die semanties-pragmatiese valensie-dimensie en dat hierdie semanties-pragmatiese foute toegeskryf kan word aan verskeie faktore soos semantiese kollokasies, emotiewe verander-likes, teksstyle, registers, en ander kontekstuele faktore. Die resultate word dan benut as sintak-tiese, semantiese en pragmatiese inligting wat in 'n Chinese valensiewoordeboek weergegee moet word. Meer spesifiek, die resultate wat verkry word uit 'n gevallestudie van 'n verkeerd gebruikte woord wat onttrek is uit 'n grootskaalse Chinese moedertaalssprekerskorpus, help om 'n relatief volledige lys aanvullingspatrone, wat gebaseer is op die studieontwerpe van 'n Chinese valensie-inskrywing wat drie basiese elemente insluit - kwantitatiewe valensie, kwalitatiewe valensie en valensiepatrone - te verkry.

Keywords : Chinese valensiewoordeboek; valensieinskrywing; logiessemantiese valensie; sintaktiese valensie; semanties-pragmatiese valensie; chinese woordeskatverwerwing; leksikale wangebruik; aanvullings-patrone; aanleerderskorpus; moedertaalkorpus.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License