SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Users and Contexts of Use of Romanian Multilingual DictionariesPerforming Non-sexism via Degendering Phorie Forms in English: The Gap between Rules and Practice as Observed in the 9th Edition of Oxford Advanced Learner's Dictionary of Current English author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

MOTJOPE-MOKHALI, T.L.; KOSCH, I.M.  and  MAFELA, Munzhedzi James. Sethantso sa Sesotho en Sesuto-English Dictionary: 'n Vergelykende analise van die ontwerp en inskrywings. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-17. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1580.

Hierdie artikel poog om die verhouding en omvang van ooreenkoms tussen twee Sesotho woordeboeke, wat onderskeidelik in die 1800s en 2005 gepubliseer is, te bepaal. Die twee woordeboeke onder bespreking is die Sesuto- English Dictionary deur Mabille en Dieterlen en Sethantso sa Sesotho deur Hlalele. Eersgenoemde woordeboek is tweetalig, soos die meeste woordeboeke van ander Afrikatale wat die pionierswerk van sendelinge was. Laasgenoemde woordeboek is die eerste eentalige woordeboek vir Sesotho en is saamgestel deur 'n moedertaalspreker van die taal. Die ooreenkoms in die inhoud van die twee woordeboeke word bepaal deur die toepassing van die gebruikersperspektiefbenadering as raamwerk van ontleding. Deur middel van 'n analise van die ontwerp en inskrywings in die twee woor-deboeke stel die studie ooreenkomste en verskille vas ten opsigte van die gebruik van nie-stan-daard simbole en atipiese klankkombinasies, verduidelikende frases/sinne en die gebruik van ouderwetse woorde. In die lig van die aantal ouderwetse inskrywings in albei woordeboeke, is een van die aanbevelings van hierdie studie dat Sethantso sa Sesotho hersien moet word of dat 'n nuwe eentalige woordeboek opgestel moet word wat meer hedendaagse woorde insluit wat aan die behoeftes van huidige gebruikers sal voorsien.

Keywords : tweetalige woordeboek; eentalige woordeboek; leksikale items; vergelyking; teorie van aanpassing; sesotho woordeboeke; oor-eenkomste; verskille; ouderwetse en nuwe woorde.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License