SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Performing Non-sexism via Degendering Phorie Forms in English: The Gap between Rules and Practice as Observed in the 9th Edition of Oxford Advanced Learner's Dictionary of Current EnglishLexicographic Treatment of Negation in Sepedi Paper Dictionaries author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    PRCIC, Tvrtko. Die onderrig van leksikografie as universiteitskursus: Teoretiese, praktiese en kritiese oorwegings. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-28. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/30-1-1597.

    In hierdie artikel word verslag gelewer oor 'n universiteitskursus in die leksikografie wat spesiaal ontwerp is vir gevorderde EVT-studente. Die bespreking en gepaardgaande materiaal spruit uit die outeur se ervaring van ongeveer vyftien jaar in die ontwikkeling en onderrig van hierdie kursus. Die doel met die artikel is tweevoudig: eerstens, om die aandag daarop te vestig dat die leksikografie vandag nie meer net die "art and craft" van woordeboekmaak van die verlede is nie, maar 'n volledig toegepaste linguistiese dissipline met 'n eie teorie, metodologie en praktyk, waarvan gedeeltes onderrig kan word as 'n toegewyde akade-miese vak; en tweedens, om die onderrig van die praktiese en teoretiese leksikografie by universiteitstudente met behulp van konkrete voorstelle te bevorder. Die uiteensetting wat in in vyf dele verdeel is, is as volg: Afdeling 1 bevat 'n paar inleidende opmerkings, insluitende dié oor die wetenskaplike status van die leksikografie; Afdeling 2 beskou teoretiese aspekte rondom die ontwerp van die kursus; Afdeling 3 beskryf die praktiese aspekte rondom die implementering van die kursus; Afdeling 4 ondersoek die kritiese aspekte rakende die evaluering van die kursus; en Afdeling 5 som die belangrikste argumente van die artikel op en voorspel toekomstige veranderings aan die kursus.

    Keywords : die leksikografie as universiteitskursus; die onderrig van LEKSIKOGRAFIE; EVT-UNIVERSITEITSTUDENTE; TEORETIESE OORWEGINGS; ONTWERP VAN DIE KURSUS; PRAKTIESE OORWEGINGS; IMPLEMENTERING VAN DIE KURSUS; KRITIESE oorwegings; evaluering van die kursus.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )