SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.30Reference Skills or Human-Centered Design: Towards a New Lexicographical CultureOn Pronunciation in a Multilingual Dictionary: The Case of Lukumi, Olukumi and Yoruba Dictionary author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

THERON, Lize-Mari. 'n Model vir 'n aanlyn GIS-vakwoordeboek. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-20. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1593.

As deel van 'n MA-studie aan die Universiteit Stellenbosch, is 'n model vir 'n aanlyn GIS-vakwoordeboek ontwikkel om drie probleme aan te spreek. Die eerste probleem is die groot hoeveelheid vakwoordeboeke wat gemaak is sonder die leiding van die leksikografieteorie. Dit is min dat 'n woordeboek sy potensiaal van gebruikersvriendelikheid en toeganklikheid bereik sonder die leiding van die leksikografieteorie. 'n Vakgebied wat hierdie probleem het, is Geogra-fiese Inligtingstelsels (GIS). As daar na aanlyn GIS-vakwoordeboeke gekyk word, word die tweede probleem geïdentifiseer: die bestaande GIS-vakwoordeboeke is nie genoegsame bronne vir GIS-peda-gogie in Suid-Afrika nie. Die bestaande vakwoordeboeke is nie gemik op enige spesifieke gebruiker nie. Beginners, semi-deskundiges en deskundiges se onderskeie, spesifieke behoeftes word nie in ag geneem nie. Daar is ook geen vakwoordeboek wat 'n operasionele funksie bied nie, almal fokus net op teksresepsie. 'n Verdere blik op die kommunikatiewe funksie van hierdie vakwoorde-boeke, wys die derde probleem: daar is geen GIS-vakwoordeboek wat vertaalekwivalente in Afrikaans (of enige van die ander amptelike Afrikatale) bied nie. In hierdie artikel word daar 'n model voorgestel wat ontwikkel is met die leiding van die leksikografieteorie en wat die gaping in GIS-pedagogie in Suid-Afrika kan aanpreek, want dit is bedoel vir beginners en dit het beide 'n opera-sionele en kommunikatiewe funksie.

Keywords : VAKWOORDEBOEKE; LEKSIKOGRAFIETEORIE; OPERASIONELE FUNKSIE; KOMMUNIKATIEWE FUNKSIE; GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS; VAKLEKSI-KOGRAFIE; WOORDEBOEKMODEL; GIS-PEDAGOGIE; AANLYN WOORDEBOEKE; WOOR-DEBOEK-KOSEPTUALISERINGSPLAN; E-LEEROMGEWINGS; HIBRIDIESE WOORDEBOEK-MODEL.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License