Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
Lexikos
On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904
Abstract
WOJCIECHOWSKA, Sylwia. Toegangsroetes na meerwoordige LIGGAAMSDEEL-uitdruk-kings in die 'Groot Vyf' MELDs: Die gebruik van hiperskakels. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.583-608. ISSN 2224-0039. http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1602.
Alhoewel die beduidende rol van fraseologie sedert die ontstaan van die korpuslinguistiek beklemtoon is, het die hantering van meerwoordige uitdrukkings (MWU's) in woordeboeke nog nie baie aandag in die metaleksikografie geniet nie. Hierdie artikel het die analise van die leksikografiese voorstelling van semanties verwante MWU's, wat die name van liggaamsdele bevat, ten doel. Die navorsing fokus op toegangsroetes na hierdie MWU's in die "Groot Vyf" aanlyn eentalige Engelse aanleerderswoor-deboeke (MELDs). Die voorkoms en ligging van aaneengeskakelde MWU's op die bladsy waarop die liggaamsdeel-trefwoord voorkom, word ondersoek om sodoende te bepaal of hulle afhanklik is van 'n gegewe MWU en of hulle woordeboekspesifiek is. Dubbel- of veelvoudige hiperskakels van dieselfde MWU kom dikwels binne 'n enkele liggaamsdeel-inskrywing voor, en die verskillende toegangsroetes word met die oog op die aanbied van 'n meer homogene voorstelling van aaneen-geskakelde verwante MWU's geëvalueer.
Keywords : eentalige engelse aanleerderswoordeboeke; meerwoordige UITDRUKKINGS; METONOMIE; KOGNITIEWE LEKSIKOGRAFIE; TOEGANGSROETES; AANLYN WOORDEBOEKE.