SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31A Critical Evaluation of Three Sesotho DictionariesA Model for an Online Specialized Dictionary for GIS author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    PRINSLOO, D.J.  and  GOUWS, Rufus H.. Leksikografiese datakassies. Deel 2: Tipes datakassies en hulle inhoud, met spesifieke verwysing na woordeboeke vir Engels en die Afrikatale. Lexikos [online]. 2021, vol.31, pp.374-401. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/31-1-1652.

    Hierdie artikel, die tweede in 'n reeks van drie oor leksikografiese datakassies, fokus hoofsaaklik op die tipes datakassies en hulle inhoud, met spesifieke verwysing na woordeboeke vir Engels en die Afrikatale. Daar sal voorgestel word dat datakassies in papier- en elektroniese woordeboeke in drie kategorieë verdeel kan word en dat 'n hiërargie tussen hierdie tipes kassies onderskei kan word, d.w.s. (a) 'n onderste vlak - datakassies wat slegs as alternatiewe vir ander leksiko-grafiese aanbiedingsmetodes gebruik word soos die bymekaarbring van verwante items en/of om inskrywings visueel aantrekliker te maak; (b) 'n middelvlak - om meer opvallende kenmerke aan te spreek, bv. die reikwydte, kontras, register, beperkings, ens. en (c) 'n hoogste vlak - essensiële inligting, bv. waarskuwings, taboes en selfs onwettige woorde. Daar word onderskei tussen data-kassies wat universeel van aard is, dit wil sê van toepassing op enige taal, datakassies wat ter sake is vir 'n taalfamilie en datakassies wat van toepassing is op 'n spesifieke taal.

    Keywords : woordeboeke; leksikografiese datakassies; tekskassies; SKADU-DATAKASSIES; AFRIKATALE; SEPEDI; ISIZULU.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )