SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32 special issue 2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    GOUWS, Rufus H.. Ruimtelike en temporele leksikografiese deiktiese verankering. Lexikos [online]. 2022, vol.32, n.spe2, pp.95-122. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/32-3-1733.

    In hierdie bydrae word daar eerstens aandag gegee aan deiksis as 'n verskynsel in die semantiek. Die oordrag van deiksis na die leksikografie word bespreek en die verskynsel van leksikografiese deiktiese verankering word aan die orde gestel. Dit word aangetoon dat hierdie verankering op verskillende maniere gedoen kan word. Leksikograwe moet telkens besluit hoe hierdie proses ten beste in 'n bepaalde woordeboek uitgevoer moet word. Verskillende tipes teks-segmente kan gebruik word om deiktiese verankering te bewerkstellig en die optrede van teksseg-mente soos aanduiders, aanduidersimbole en aanduiderdele word kortliks bespreek. Die hooffokus is op ruimtelike en temporele leksikografiese deiktiese verankering. Verskillende deiktiese merkers en verankeringsprosedures word bespreek. Daar word aangetoon dat woordeboeke hier naas enkelaanduiders ook soms aanduiderkomplekse gebruik en dat die aanduiderkomplekse 'n eenvormige of 'n hibriedeformaat kan hê. Daar word voorgestel dat suksesvolle deiktiese verankering dikwels vereis dat woordeboeke 'n primêre verankeringsprosedure moet aanvul met sekondêre verankering. Deiktiese verankering word as 'n veelfasige proses beskryf. Die bespreking word deurgaans aan die hand van opgetekende woordeboekvoorbeelde gedoen. Op grond van die bevindinge in die besprekinge word voorstelle aan die hand gedoen vir verbeterde prosedures van deiktiese verankering.

    Keywords : aanduidersimbool; deiktiese verankering; hibriede-aanduiderkompleks; internuitgebreide aanduider; leksikografiese deiksis; leksikografiese deiktiese sentrum; leksikografiese etikette; neologismes; primêre deiktiese aanduider; rudimentêre deiktiese verankering; sekondêre deiktiese aanduider.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )