SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33Selecting an Initial Lemma List in Specialized Lexicography: A Case Study in the Field of Graphic EngineeringSpecial Field and Subject Field Lexicography Contributing to Lexicography author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

AIELLO, Flavia  and  TRAMUTOLI, Rosanna. KIU (Kiswahili-Italiano-UniOr): Die UniOr aanlyn woordeboek vir Italiaanse L1-Swahili-aanleerders. Lexikos [online]. 2023, vol.33, pp.90-108. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-1-1798.

KIU is 'n aanlyn tweetalige Swahili-Italiaanse woordeboek met ongeveer 6000 inskrywings wat hoofsaaklik gerig is op Italiaanse L1-Swahili-aanleerders en wat deur die Universiteit van Napels 'L'Orientale' ontwikkel is. Die projek is in 2003 deur M. Toscano van stapel gestuur en is met die samewerking van taalkundiges en jong navorsers tot 2009 ontwikkel met die doel om aanlyn leksikale hulpbronne uit Swahili na Italiaans vir aanleerders van die taal aan te bied. Ná 'n lang onderbreking is die werk in 2019 deur die outeurs van hierdie artikel in samewerking met M. Toscano en 'n span kundige IT-tegnici hervat. Die werk bestaan tans uit die ex novo-ontwikkeling van die woordeboeksagteware wat verouderd geraak het asook uit 'n herontwerp van sommige leksikografiese kenmerke. In hierdie verslag sal ons aantoon hoe die opgegradeerde weergawe van die woordeboeksagteware, met inagneming van die standaard leksikografiese eienskappe van Swahili-Italiaanse tweetalige woordeboeke, geïmplementeer is met relevante aanleerder-georiënteerde kenmerke. Die woordeboek verleen waardevolle steun aan L2-aanleerders en is die enigste aanlyn Swahili-Italiaanse woordeboek wat spesifiek vir universiteitstudente en vir Italiaanse gebruikers oor die algemeen geskep is.

Keywords : swahili; italiaans; aanlyn woordeboek; aanleerders; leksikografie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License