SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33Reference Skills or Human-Centered Design: Towards a New Lexicographical CultureOn Pronunciation in a Multilingual Dictionary: The Case of Lukumi, Olukumi and Yoruba Dictionary author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

HUETE-GARCIA, Ángel. Die operatiewe funksie in die Spaanse leksikografie soos geïllustreer met voorbeelde uit sportwoordeboeke en ander naslaanbronne. Lexikos [online]. 2023, vol.33, pp.277-298. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-1-1815.

Woordeboeke is mettertyd aangepas om aan die naslaanbehoeftes van gebruikers te voldoen. As gevolg hiervan is ander tipe data soos aanwysings of gespesialiseerde verklarings in hierdie werke ingesluit om aan hul doelwitte te voldoen. Dit is binne hierdie konteks dat operatiewe leksikografiese hulpmiddels geskep word, alhoewel hierdie hulpmiddels gewoonlik baie min aandag vanuit 'n metaleksikografiese oogpunt geniet het. Deur die ontleding van 5 bestaande woordeboeke en ander naslaanwerke vanuit die 18de tot 20ste eeu betreffende ruiterkuns, voetbal en skermkuns, word daar in hierdie artikel aangetoon dat baie leksikografiese inligtingshulpmiddels in Spaans inderdaad geskep is om in die behoefte aan praktiese kennis deur middel van aanwysings (die operatiewe behoefte) te voorsien. Gebaseer op hierdie bevinding, word daar in hierdie hierdie artikel aangevoer dat die operatiewe funksie van die leksikografie 'n plek in die leksikografiese teorie en leksikografiese akademiese literatuur verdien. 'n Interessante bevinding wat uit hierdie ontleding na vore kom, is dat byna al die woordeboeke wat geanaliseer is, polifunksioneel is, en dat hulle 'n lys kenmerke rakende hul tipologie, medium en geskiedkundige tydperk deel wat van hulp kan wees om die belangrikheid van die operatiewe funksie in die Spaanse leksikografiese tradisie te verstaan. Gegrond op bogenoemde ontledings, word ook verskeie oplossings gebied om toekomstige navorsing oor operatiewe leksikografiese produkte te rig.

Keywords : funksieteorie; spaanse leksikografie; sportwoordeboeke; polifunksionele hulpmiddels; operatiewe funksie; gespesialiseerde woordeboeke.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License