SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33Creating a Slovene-French LSP Dictionary for translation purposes author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

CHEN, Yuzhen  and  LIU, Suping. 'n Verdere kyk na die gebruik van 'n woordeboektoepassing in EVT-skryfwerk: 'n Repliseringstudie. Lexikos [online]. 2023, vol.33, pp.324-349. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-1-1820.

In hierdie studie is die eksperiment van Chen en Liu (2022) waarin die effek van woordeboekgebruik op EVT-skryfwerk bestudeer is, gerepliseer. Buiten die gebruik van 'n ander woordeboek, het dit dieselfde navorsingsveranderlikes as die oorspronklike studie behels. Twee-en-sestig studente met Engels as hoofvak het twee skryftoetse afgelê, een sonder die hulp van 'n woordeboek, die ander een met toegang tot 'n selfoonwoordeboektoepassing wat 'n kombinasie van 'n L1-L2- en L2-L1-woordeboek vir tweerigtingsoektogte bevat. Die toepassing kan 'n rekord hou van gebruikers se soektogte en klikke op inskrywings. 'n Vraelys is ook voltooi om die studente se evaluering van die woordeboektoepassing te bepaal. Anders as die negatiewe resultate wat deur die oorspronklike studie verkry is, is daar in die replisering nie 'n beduidende effek van woordeboekgebruik op skryfprestasie nie, wat goeie bewyse verskaf dat die gebruik van 'n beter woordeboek tot minder naslaanfoute lei, alhoewel die verbetering in skryfprestasie deur die gebruik van 'n woordeboek slegs marginaal was. Die studie het die oorspronklike bevinding rakende die positiewe impak van woordeboekgebruik op leksikale sofistikasie bevestig. Dit het ook enkele verskille in woordeboeknaslaanpatrone tussen die deelnemers van die replisering en dié van die oorspronklike studie rakende soekfrekwensie, voorkeur vir taalsoektogte, voorkeur vir soekitems, en gebruik van bronwoordeboeke geïdentifiseer. Die implikasies van die studie vir woordeboekmaak word bespreek.

Keywords : replisering; woordeboekgebruik; evt-skryfwerk; skryfprestasie; leksikale sofistikasie; naslaanpatrone.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License