SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.33 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

MARKUS, Katalin P.  and  DRINGO-HORVATH, Ida. Die ontwikkeling van woordeboekvaardighede m.b.v. eentalige en tweetalige Engelse woordeboeke in die onderwys op tersiêre vlak in Hongarye. Lexikos [online]. 2023, vol.33, pp.350-381. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/33-1-1821.

Onder naslaanwerke is woordeboeke besonder belangrik in die aanleer van 'n vreemde taal. Alhoewel woordeboeke taalaanleerders van 'n wye reeks data voorsien, kan dit 'n enorme taak wees om deur die massa data en inligting te worstel. Ofskoon dit belangrik behoort te wees om woordeboekvaardighede in die taalaanleerproses te bemeester, bestaan daar geen duidelike riglyne in amptelike onderwysdokumente in Hongarye oor hoe om hierdie vaardighede te ontwikkel nie. Deur woordeboekvaardighede in die kurrikulum te integreer en dit eksplisiet in lesse te onderrig, kan onderwysers 'n belangrike rol speel om die gaping tussen leksikograwe en woordeboekgebruikers te oorbrug. In hierdie studie word verslag gelewer oor die metodes wat ons gebruik om leksikografie en woordeboekvaardighede aan studente by 'n Hongaarse universiteit te onderrig. Die outeurs beskik oor baie ervaring en die bespreking en bygaande materiaal is op meer as 15 jaar se onderrigpraktyk gebaseer. Om te verseker dat die opleiding in die toenemende behoeftes van jong studente kan voorsien, is 'n longitudinale studie in 2020 van stapel gestuur om die veranderende gewoontes en behoeftes van studente te bestudeer. Die doel met hierdie artikel is drieërlei van aard: eerstens, om die onderrig van leksikografie op universiteitsvlak aan te moedig deur konkrete metodes te verskaf, daarna, om die belangrikheid van woordeboekvaardighede uit te lig, en laastens, om die belangrikheid van die integrasie van effektiewe onderrig van die gebruik van elektroniese woordeboeke in die woordeboekdidaktiek te beklemtoon. Teen hierdie agtergrond word die behoefte aan die inkorporering van nuwe evaluasiekriteria sowel as die ontwikkeling van nuwe vaardighede vir digitale woordeboeke, verskillend van dié vir gedrukte woordeboeke, in die onderwys beklemtoon.

Keywords : leksikografieonderrig; woordeboekdidaktiek; naslaanvaardighede; woordeboekvaardighede; woordeboekgebruik; ontwerp van universiteitskursusse; kursusevaluering; aanlyn woordeboeke; evaluering van woordeboeke.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License