SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.75 número1The central place of a life - and worldviewThe struggle around the direction of Western culture índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Koers

versión On-line ISSN 2304-8557
versión impresa ISSN 0023-270X

Resumen

VAN DER WALT, J.L.. Godsdiens in die onderwys: Is daar nie tog 'n ander oplossing nie?. Koers (Online) [online]. 2010, vol.75, n.1, pp.79-98. ISSN 2304-8557.

As kollega en medewerker van professor Bennie van der Walt was dit vir die outeur verskeie dekades lank moontlik om sommige van Bennie van der Walt se filosofiese en teologiese insigte op die terrein van die onderwys toe te pas. Professor van der Walt se onlangse bespreking en ontleding van sekularisme en godsdienstige verdraagsaamheid stel die outeur in staat om die onderwyssituasie in Suid-Afrika en elders te ontleed, met besondere nadruk op beleid rakende godsdiens in die onderwys/die skole. Hierdie ondersoek lei hom tot die gevolgtrekking dat die meeste onderwysstelsels terugval op sekularistiese openbaar-privaat en wêreldse-heilige (sakrale) dualistiese beleide om die probleem van potensiële religieuse konflik in skole te voorkom. Na 'n oorweging van die Nederlandse beleid van (toenemende) versuiling en van die Suid-Afrikaanse beleid om die konfessionele aspekte van godsdiensonderwys na die private sfere van mense se lewens te verban, doen hy aan die hand dat 'n nuwe beleid geskep moet word wat op die idee van institusionele godsdienstige en lewens-beskoulike identiteit gebaseer is. Hierdie oplossing kan ook tot godsdienstige verdraagsaamheid onder leerders in skole lei (soos deur Bennie van der Walt en andere in die vooruitsig gestel), terwyl dit die voetangels van die sekularisme ontduik.

Palabras clave : diversiteitsgeletterdheid; godsdiens; institusionele identiteit; opvoeding; religie sekularisme; skoolonderwys.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons