SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número2From trusteeship to self-determination: L.J. du Plessis' thinking on apartheid and his conflict with H.F. VerwoerdKlaas Koen: identity and belonging in the Berlin Mission Society during the late nineteenth century índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

MULLER, Cornelis Hermanus. Die hantering van 'n warm patat: die herdenking van die "Aartappelboikot" van 1959. Historia [online]. 2010, vol.55, n.2, pp.76-98. ISSN 2309-8392.

In 2009 het die 50ste herdenking van die sogenaamde "Aartappelboikot" plaasgevind. Die herdenking, soos die boikot self, is gekenmerk deur omstredenheid. Terwyl dit blyk dat die Mpumalanga provinsiale regering voortydige vieringe onderneem het, was die herdenking ook ontsier deur verskeie misverstande en teenstrydige interpretasies. Dié artikel ontleed die gekompliseerdheid van die herdenking, maar gee ook "n histories oorsig van die boikot. Die aartappelboikot het plaasgevind in "n tydperk toe verskeie ekonomiese boikotte deur swartes gebruik is om hulle frustrasies met die apartheidswetgewing, wat hulle lewens daagliks beïnvloed het, te kenne te gee. In hierdie geval het die staat gepoog om boere, veral in die voormalige Oos-Transvaal, van goedkoop "bandiet"-arbeid te voorsien. In 1959 het die ANC "n aartappelboikot van stapel gestuur as reaksie teen die beweerde wrede behandeling van plaaswerkers, hoofsaaklik op plase in die Transvaalse hoëveld. Deur spesifiek aartappels te boikot, het swartes gepoog om "n direkte boodskap aan boere te stuur wat ten doel gehad het om "n ekonomiese slag te slaan teen kommersiële boerdery en die beweerde gepaardgaande vergrype. Hulle doel was om die regering te dwing om die plaasarbeiderskema af te skaf en om die onwettigheid van die skema te erken. Die gebeure het ook gedurende die tyd wye reaksie ontlok van onder meer die pers en nieregeringsorganisasies.

Palabras clave : Aartappelboikot; herdenking; African National Congress; Gert Sibande; Bethal; Mbongeni Ngema; plaasarbeid; Michael Scott; Ruth First; Henry Nxumalo; paswette; apartheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons