SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

NYAMBARA, Pius. The politics of locating the third spinning mill in Southern Rhodesia, 1951-1953. Historia [online]. 2014, vol.59, n.2, pp.46-68. ISSN 2309-8392.

Die tekstielnywerheid in Suid-Rhodesië het getuig van snelle groei tydens en na die Tweede Wêreldoorlog. Die nywerheid was hoogs afhanklik van plaaslik verboude katoen en die kapasiteit om die katoen in draad te spin. Die katoennywerheid en Navorsingsraad (Cotton Research and Industry Board -CRIB), wat tot stand gebring is om toesig te hou oor die ontwikkeling van die katoennywerheid in die kolonie, het in 1943 die eerste spin-meule, met 'n kapasiteit van 1 000 spin-spille, opgerig, wat later tot 35 000 spin-spille uitgebrei is met die oprig van meule Nr 2 in 1951. In dieselfde jaar het die regering 'n derde meule goedgekeur, maar dit is nie onmiddellik gebou nie. Die toename in die aantal nywerheidsake wat die CRIB-draad gebruik het en die verwagte toename in tekstielaanvraag uit 'n breër federale mark sedert 1953 het debat in die regering en onder sakegroepe en belanghebbende partye ontlok oor die moontlike ligging van die derde meule. Hierdie artikel gaan in op hierdie debatte wat die aandag van vakkundiges, wat hoofsaaklik op ander aspekte van die tekstielnywerheid gefokus het, grootliks ontglip het. Weens redes wat nie baie duidelik is nie, het wrywing tussen die CRIB en die munisipaliteit van Gatooma ontwikkel - in dié mate dat die Raad die begeerte uitgespreek het om die bykomstige meule (en daardeur die weefkapasiteit van die nywerheid) in ander dele van die land, eerder as in Gatooma, te vestig. Die munisipaliteit is ondersteun deur belangegroepe wat deur die begeerte gemotiveer is om die spinnywerheid in Gatooma te behou. Die artikel handel nie alleen oor die derde meule nie; dit ondersoek ook hoe hierdie stryd ons inlig oor ander aspekte van die politieke ekonomie van koloniale Zimbabwe.

Palabras clave : Suid-Rhodesië; Zimbabwe; Gatooma; tekstielnywerheid; katoennywerheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons