Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Historia
versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X
Resumen
DE WET, Tertius; TEUGELS, Jef L. y VAN DEVENTER, Pieta. Historic bells in Moravian Missions in South Africa's Western Cape. Historia [online]. 2014, vol.59, n.2, pp.94-119. ISSN 2309-8392.
Die Morawiese kerk was die eerste kerkgenootskap wat met sendingwerk onder die inheemse bevolkings van Suid Afrika begin het en vandag het die kerk steeds 'n baie sterk teenwoordigheid in die land. Na die stigting van die eerste sendingstasie te Genadendal in 1738, is 'n aantal verdere sendingstasies gedurende die 19de eeu in die Wes Kaap gevestig. Hierdie sendingstasies het 'n uiters belangrike rol gespeel in die lewens van hul inwoners, op geestelike sowel as sosiale vlak. In die Morawiese Kerk, soos in ander kerke, vorm die kerkgeboue met hul klokke 'n integrale deel van hul erfenis. Ten spyte van vele navorsing wat oor sendingstasies gedoen is, is daar geen sistematiese navorsing oor die klokke op hierdie stasies uitgevoer nie. As gevolg van die historiese waarde van hierdie sendingstasies kan ons nie hul klokke bespreek sonder 'n agtergrond bespreking van die stasies se geskiedenis nie. Dit word vir elke stasie gedoen voordat op die klokke by die stasie gefokus word. Ten slotte word 'n aantal verdere navorsingsareas aangedui.
Palabras clave : erfenis; Kaapkolonie; klokke; metaalgieters; sendingkerke.