SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número2The Congregational Church in Uitenhage and the Group Areas Act índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

COUPER, Scott Everett. South Africa's historiographic conflation: Comparing and contrasting the memories of King and Malcolm X with Luthuli and Mandela. Historia [online]. 2014, vol.59, n.2, pp.289-308. ISSN 2309-8392.

Biograaf Manning Marable redeneer dat die "tendency of historical revisionism" Malcolm X postuum interpreteer "through the powerful lens of Martin Luther King, Jr" en is hierdeur onregverdig ("unfair") teenoor beide. 'n Soortgelyke dinamiek kan binne die Suid-Afrikaanse konteks waargeneem word wanneer Nelson Mandela "through the powerful lens" van Albert Luthuli geïnterpreteer word. Die samesmelting verskerp wanneer Luthuli eweneens "through the powerful lens" van Mandela geïnterpreteer word; dat dít waarvoor elkeen gestaan het, onjuis aan die ander toegeskryf word. Luthuli word verkeerdelik uitgebeeld as 'n ondersteuner van gewapende revolusie en Mandela word op sy beurt verkeerdelik voorgestel as 'n ideologiese afstammeling van Luthuli (van dieselfde klas as King en Mohandas Gandhi). King en Malcolm X het op die taktiese en morele geweldtoepassingsgebied in die stryd om menseregte verskil, soos ook Luthuli and Mandela. As politieke teenstanders is King polities deur Malcolm X ondermyn, en Luthuli eweneens deur Mandela. Die outeur vergelyk en kontrasteer King en Malcolm X se onderskeie sienswyses om temas te ontwikkel wat verband hou met die doeltreffendheid van pan-Afrikanisme, geweld en kommunisme en identifiseer parallelle temas in Luthuli en Mandela se sienswyses Die onlangse openbaring na Mandela se dood dat hy oor lidmaatskap in die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party beskik het en in die vroeë sestigerjare in die twintigste eeu in die Sentrale Komitee daarvan gedien het, voeg toe tot die relevansie van verdere ondersoek na hoe hierdie ikone onthou word en watter rol hulle in Suid-Afrika se bevryding van onderdrukking vervul het.

Palabras clave : Martin Luther King, Jr; Malcolm X; Albert John Luthuli; Nelson Rolihlahla Mandela; hagiografie; historiografie; African National Congress; Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party; Nobel Vredesprys; pan-Afrikanisme; Kommunisme; gewels/nie-geweld; apartheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons