Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Historia
versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X
Resumen
EHLERS, Anton. The Helpmekaar: Rescuing the "volk" through reading, writing and arithmetic, c. 1916-c. 1965. Historia [online]. 2015, vol.60, n.2, pp.87-108. ISSN 2309-8392. http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2015/V60N2A5.
Die artikel ontleed die bydrae van die Helpmekaarverening van die Kaapprovinsie as welsyns katalisator in die ekonomiese opheffing van Afrikaners in die vaarwater van die Rebellie van 1914-15. Die Helpmekaar het 'n tweeledige doelwit beoog. Eerstens om Afrikaner rebelle en hul gesinne van ekonomiese ondergang te red. Die tweede doel was meer gekompliseerd: die bevordering van die algemene ontwikkeling en welsyn van die Hollandssprekende deel van die Suid-Afrikaanse bevolking met die fokus op die ontwikkeling van 'n spesifieke Afrikaanse kultuur. Die artikel fokus op die ontwikkeling van die tweede doelstelling in 'n spesifieke opvoedkundige fokus, naamlik om die arm blanke probleem deur die ontsluiting van die potensiaal van die Afrikanerjeug deur opvoeding, op te los. Die Helpmekaar is gevorm deur ideologieë van ras en klas. Die artikel sluit dus aan by 'n aantal bestaande historiografiese debatte oor arm blankes, die welsynstaat, en verskaf ook insae in die politiek van wit onderwys. Ten spyte van sy eng etniese en nasionalistiese fokus en die gepaardgaande sosiale ingenieurswese het die Helpmekaar deur sy finansiële bydraes en as kampvegter vir opvoedkundige sake 'n beduidende rol in die bevordering van onderwys en opvoeding gespeel wat 'n veel wyer gemeenskap as wat aanvanklik beoog is, bevoordeel het.
Palabras clave : Helpmekaarbeweging; Rebellie van 1914-15; Afrikaners; onderwys en opvoeding; welsyn; nasionalisme; welsynstaat; etniese mobilisering; ACW.