Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Historia
versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X
Resumen
WESSELS, André. The war for Southern Africa (1966-1989) that continues to fascinate and haunt us. Historia [online]. 2017, vol.62, n.1, pp.73-91. ISSN 2309-8392. http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2017/v62n1a4.
In hierdie oorsigartikel word sekere aspekte van die geskiedenis van die Oorlog vir Suidelike Afrika van 1966 tot 1989, asook die gevolge wat dit ingehou het, krities geëvalueer aan die hand van drie onlangse publikasies oor verbandhoudende temas. Die mees omstrede van hierdie boeke handel oor die hoogs geklassifiseerde operasies wat vanaf 1978 tot 1988 deur Suid-Afrikaanse Spesiale Magte in Angola en Mosambiek van stapel gestuur is, danksy die deurslaggewend belangrike hulp wat deur die Suid-Afrikaanse Vloot verleen is. Die tweede boek fokus op die oorlog in Angola in die jare 1975 tot 1989, belig dié konflik vanuit die Suid-Afrikaanse, Russiese, Kubaanse en Oos-Duitse oogpunt, en bevat ook 'n waardevolle lys van bronne wat oor die oorlog handel. Die derde boek ondersoek onder meer die impak wat die jare van konflik op die Suid-Afrikaanse samelewing en kultuur gehad het (en steeds het). Hierdie drie publikasies maak deel uit van die voortgesette stroom boeke wat oor die stryd in suidelike Afrika gepubliseer word, maar is van 'n beter kwaliteit as sommige van die talle populêre publikasies wat verskyn.
Palabras clave : Namibië; Angola; bevrydingstryd; burgeroorlog; Suid-Afrikaanse Weermag (SAW); Suid-Afrikaanse Vloot; Spesiale Magte; Kubane; South West African Peoples' Organisation (SWAPO); herdenking.